Skip to product information
1 of 2

Die Afrikaans 100 Bordspel Board Game

Die Afrikaans 100 Bordspel Board Game

Regular price $69.95 AUD
Regular price Sale price $69.95 AUD
Sale Sold out
Tax included.
Title

Wat is nou lekkerder as om jouself in jou taal uit te leef – Om te leer, speel, dig en sing in Afrikaans? Dis kleurvol, dis kreatief, dis ougat, dis opwindend, dis poenankies ... Dis Afrikaans!

Die Afrikaans 100-bordspel herdenk saam met miljoene mense Afrikaans, My Taal se 100-jarige bestaan as amptelike taal.

Afrikaanssprekendes is lief vir hul taal, en ons almal Eet, Slaap en Praat Afrikaans.

Die Afrikaans 100-bordspel bring mense saam in die mooiste, soetste taal – families, vriende en vreemdes. Gesinne en gesante, die skoonfamilie, grootouers, kleinkinders, oompies en tannies, asook jou makkers, tjomme, pêlle, vyande, mededingers, opponente, kollegas, medewerkers en spanmaats; almal bymekaar om Afrikaans te vier deur genotvolle samesyn, met of sonder biltong, melktert, koeksisters, rooibostee of brandewyn.

Was is in die boks?

Box: Base & lid

Play board: Yes

Playing cards: Songs, poetry, idioms, decipher, s-p-e-l-l-i-n-g, choose wisely, pipsqueaks (380 cards)

Components: 6 plastic playpieces

Other: Hourglass, poetry booklet

Die: Yes

Rules: Yes

View full details